Job 31:13-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. As ek nie reg gedoen het aan my slawe en slavinnetoe hulle 'n grief teen my gehad het nie,

14. wat sou ek kon doen as God van my rekenskap eis,hoe sou ek my kon verweer as Hy my tot verantwoording roep?

15. Het Hy wat my in die moederskoot gemaak het,hulle nie ook gemaak nie?Het Hy ons nie almal gevorm nie?

16. Het ek armes geweier wat hulle gevra heten weduwees van honger laat vergaan?

17. Het ek my stukkie kos alleen geëeten die weeskind nie ook daarvan laat eet nie?

18. Inteendeel, van my jeug af was ek vir die weeskind 'n pa,van my kindsdae af het ek vir die weduwee gesorg.

19. Het ek 'n arme sonder klere sien rondswerween hom nie iets gegee om aan te trek nie?

20. Het hulle my nie juis geprysomdat my skape se wol hulle warm gehou het nie?

21. Het ek my hand teen 'n weeskind opgeligomdat ek kon reken op die partydigheid van die regters?

22. As ek aan iets hiervan skuldig is,mag my bo-arm afgeskeur word van my skouer af,mag my arm afgebreek word.

Job 31