1. “Ek het my plegtig verbindom nie na 'n meisie te kyk en haar te begeer nie.
2. Wat kom 'n mens toe van God in die hemel,wat gee die Almagtige daar van bo af?
3. Vernietiging tref immers die bóósdoener,'n ongeluk dié wat onreg doen.
4. God hou my paaie dopen tel elke tree wat ek gee.
5. “As ek my sou opgehou het met valsheid,agter bedrog sou aangehardloop het,
6. laat God my dan weeg op 'n betroubare skaaldat Hy kan weet dat ek onskuldig is.
7. As ek die spoor byster geraak het,my deur my begeerte laat lei heten my hande besoedel het,
8. laat ander mense eet wat ek gesaai het,of laat my gesaaides uitgeruk word.
9. As ek my deur 'n ander se vrou laat verlei heten gretig geloer het na my buurman se deur,
10. laat mý vrou dan vir 'n ander man koring maal,laat ander by haar slaap.
11. As ek so iets gedoen het, sou dit 'n skande gewees het,'n misdaad vir regters om te straf.