Job 29:8-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. het die jongmanne opsy gestaan as hulle my sien,het die ou manne eerbiedig opgestaan.

9. Die leiers het stilgebly,hulle het nie gepraat nie.

10. Die vernames het nie 'n woord gesê nie,hulle het uit eerbied geswyg.

11. Dié wat van my gehoor het, het goed van my gepraat,dié wat my gesien het, het my geprys

12. omdat ek die armes gered het wat om hulp roep,die weeskind en dié wat geen helper het nie.

13. Die man wat met ondergang bedreig was,het my vir sy redding gedank,en ek het die hart van die weduwee bly gemaak.

14. Ek het reg en geregtigheid laat geskied;vir my was dit vanselfsprekend,so vanselfsprekend as om klere aan te trek.

15. Ek was oë vir die blindesen voete vir die kreupeles,

Job 29