3. toe sy lig beskermend oor my geskyn heten my pad in die donker verlig het.
4. Dit was die beste jare van my lewetoe ek nog 'n vertroueling van God was.
5. Toe was die Almagtige by myen my kinders rondom my.
6. Ek het oral voorspoed geniet:volop dikmelk en strome olyfolie.
7. Wanneer ek na die stadspoort toe gegaan het,my plek op die stadsplein gaan inneem het,
8. het die jongmanne opsy gestaan as hulle my sien,het die ou manne eerbiedig opgestaan.
9. Die leiers het stilgebly,hulle het nie gepraat nie.
10. Die vernames het nie 'n woord gesê nie,hulle het uit eerbied geswyg.
11. Dié wat van my gehoor het, het goed van my gepraat,dié wat my gesien het, het my geprys
12. omdat ek die armes gered het wat om hulp roep,die weeskind en dié wat geen helper het nie.