Job 28:7-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Geen roofvoël ken daardie pad nie,die oog van 'n valk kan dit nie sien nie,

8. roofdiere loop nie daar nie,die leeu gaan nie daarlangs nie.

9. “Die mens bewerk die harde rots met sy hande,hy keer die dieptes van die berge om,

10. hy grawe gange deur die rots,sy oog sien al die skatte,

11. hy stop waterare toeen bring verborge dinge aan die lig.

Job 28