Job 28:15-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Goud kan dit nie koop nie,sy waarde kan nie in silwer afgeweeg word nie.

16. Daarvoor kan nie betaal word met die goud van Ofirof met kosbare oniks en saffier nie;

17. goud en glas kom nie daarby in waarde nie,vir voorwerpe van fyn goud kan 'n mens dit nie ruil nie.

18. Koraal en kristal word nie eers gereken nie,wysheid is baie meer werd as pêrels.

19. Topaas uit Kus kom nie daarby in waarde nie,selfs met suiwer goud kan jy nie daarvoor betaal nie.

20. Die wysheid, waar kom dit vandaan?Waar is die woonplek van die insig?

21. Dit is verborge vir al wat lewe,weggesteek selfs vir die voëls in die lug.

Job 28