Job 28:12-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Maar die wysheid, waar word dié gevind,waar is die woonplek van die insig?

13. Die mens ken nie die waarde daarvan nie,en dit word nie in die land van die lewendes gevind nie.

14. Die diep waters sê: ‘Dit is nie in my nie,’die see sê: ‘By mý is dit nie!’

15. Goud kan dit nie koop nie,sy waarde kan nie in silwer afgeweeg word nie.

16. Daarvoor kan nie betaal word met die goud van Ofirof met kosbare oniks en saffier nie;

17. goud en glas kom nie daarby in waarde nie,vir voorwerpe van fyn goud kan 'n mens dit nie ruil nie.

Job 28