Job 27:6-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Ek bly daarby dat ek reg het, ek sal daarvan nie afsienen my my lewe lank daaroor verwyt nie.

7. Mag dit met my vyande gaan soos met die goddeloses,met my teëstanders soos met dié wat onreg doen.

8. Watter hoop het die godlose as sy lewe afgesny word,as God sy lewe opeis?

9. Sal God sy hulpgeroep hooras rampe hom oorval?

10. Vind hy vreugde in die Almagtige?Roep hy God altyd weer aan?

11. Ek wil julle iets leeroor die mag van God;wat by die Almagtige is,sal ek nie verberg nie.

12. Julle het dit tog almal al gesien,waarom dan die sinlose gepraat?

13. “Dit is die lot wat God uitmeet vir die goddeloses,dit is wat die geweldenaars ontvang van die Almagtige.

Job 27