Job 23:4-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. en my saak voor Hom lê,my pleidooie aan Hom stel.

5. Ek sou van Hom antwoord probeer kry,probeer verstaan wat Hy vir my wil sê.

6. Hy sal tog nie met sy groot krag teen my 'n saak voer nie;Hy sal my dit nie aandoen nie,

7. want dit sou 'n opregte mens wees wat daar voor Hom pleiten ek sou vir altyd deur my Regter vrygespreek word.

8. Maar gaan ek na die ooste toe, Hy is nie daar nie,na die weste, ek kry Hom nie.

9. Sou Hy in die noorde aan die werk wees,ek vind Hom nie daar nie,sou Hy na die suide toe draai,ek sien Hom nie.

10. Hy ken my pad;as Hy my toets, is ek suiwer soos goud.

Job 23