7. sal hy soos sy eie uitwerpsel vir altyd vergaan.Dié wat hom geken het, sal vra: ‘Waar is hy?’
8. Hy verdwyn soos 'n droom, hy is nêrens te vind nie,hy raak weg soos 'n gesig in die nag.
9. Die oog wat hom gesien het, sal hom nie weer sien nie,sy plek is vir altyd leeg.
10. Sy kinders sal die armes moet vergoed,met sy eie hande sal hy sy rykdom moet teruggee.
11. Die jeugdige krag van sy liggaamgaan saam met hom die graf in.
12. Hoewel die onreg soet smaak in sy monden hy dit wegsteek onder sy tong,
13. dit opgaar en nie wil laat vaar nie,dit teen sy verhemelte vasdruk,
14. gaan sy kos omdraai in sy maagen in hom word soos die gif van 'n slang.
15. Die ryk kos wat hy verslind het, gaan hy opgooi;God sal hom dit laat opbring.
16. Wat hy drink, is soos slanggif,dit maak hom dood soos die pik van 'n adder.
17. Hy sal nie die strome water geniet nie,nie die strome heuning en dikmelk nie.