Job 20:10-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Sy kinders sal die armes moet vergoed,met sy eie hande sal hy sy rykdom moet teruggee.

11. Die jeugdige krag van sy liggaamgaan saam met hom die graf in.

12. Hoewel die onreg soet smaak in sy monden hy dit wegsteek onder sy tong,

13. dit opgaar en nie wil laat vaar nie,dit teen sy verhemelte vasdruk,

14. gaan sy kos omdraai in sy maagen in hom word soos die gif van 'n slang.

15. Die ryk kos wat hy verslind het, gaan hy opgooi;God sal hom dit laat opbring.

16. Wat hy drink, is soos slanggif,dit maak hom dood soos die pik van 'n adder.

17. Hy sal nie die strome water geniet nie,nie die strome heuning en dikmelk nie.

Job 20