5. “Die goddelose se lig sal beslis uitgedoof word,die vlam van sy vuur sal ophou brand,
6. die lig in sy huis sal doodgemaak worden die lamp langs hom uitgedoof word.
7. Sy kragtige treë sal al onsekerder word,sy slim planne sal hom tot 'n val bring.
8. Hy sal aan sy voete gevang word deur 'n strik,hy sal in 'n valstrik inloop.
9. 'n Wip sal hom aan die hakskeen vang,'n vangnet sal hom vasgryp.
10. 'n Lus is vir hom op die grond weggesteek,daar is 'n vanggat op sy pad.
11. Hy word van alle kante af met gevaar bedreig,dit volg hom net waar hy gaan.
12. Die onheil wag hom gretig in,die ongeluk wag vir hom.
13. 'n Dodelike siekte sal sy vel wegvreeten sy liggaamsdele verteer.
14. Hy sal uitgeruk word uit sy veilige huis,hy sal weggelei word na waar die groot vrees heers.
15. Niks wat hy het, sal in sy woning oorbly nie,oor sy woonplek sal brandende swael gestrooi word.
16. Sy wortels sal van onder af verdroogen sy blare bo verlep.
17. Elke herinnering aan hom sal van die aarde af verdwyn,sy naam sal nêrens meer bekend wees nie.
18. Hy sal uit die lig die duisternis in gestoot word,hy sal uit die bewoonde wêreld verjaag word.
19. Hy sal geen kind of nakomelingonder sy mense hê nie,en daar sal niemand in sy woonplek oorbly nie.
20. Oor sy lot sal die mense van die ooste en die westedie hande van verbasing saamslaan en met vrees vervul wees.