Job 18:11-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Hy word van alle kante af met gevaar bedreig,dit volg hom net waar hy gaan.

12. Die onheil wag hom gretig in,die ongeluk wag vir hom.

13. 'n Dodelike siekte sal sy vel wegvreeten sy liggaamsdele verteer.

14. Hy sal uitgeruk word uit sy veilige huis,hy sal weggelei word na waar die groot vrees heers.

15. Niks wat hy het, sal in sy woning oorbly nie,oor sy woonplek sal brandende swael gestrooi word.

16. Sy wortels sal van onder af verdroogen sy blare bo verlep.

17. Elke herinnering aan hom sal van die aarde af verdwyn,sy naam sal nêrens meer bekend wees nie.

18. Hy sal uit die lig die duisternis in gestoot word,hy sal uit die bewoonde wêreld verjaag word.

Job 18