Job 15:13-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Wil jy jou woede op God koeldat daar sulke woorde uit jou mond kom?

14. Hoe kan 'n mens rein wees?Hoe kan 'n sterfling onskuldig wees?

15. As God nie eers die hemelwesens vertrou nieen selfs die hemel nie rein is in sy oë nie,

16. hoeveel minder 'n onrein, verdorwe menswat boosheid indrink soos water?

17. “Luister na my, ek wil jou iets vertel;wat ek ervaar het, wil ek jou meedeel.

18. Dit is die woorde van wyse mense.Hulle hou niks terugvan wat hulle vaders hulle vertel het nie.

19. Dit kom uit die tydtoe hulle die land net vir hulleself ontvang heten daar geen vreemdeling onder hulle beweeg het nie.

20. Hulle sê:‘Sy lewe lank word die goddelose,die geweldenaar, deur angs geteister,al die jare wat vir hom afgemeet is.

21. Angswekkende krete klink in sy ore;terwyl alles veilig lyk, storm rowers op hom af.

22. Hy twyfel of hy die dood sal vryspring,hy weet hy kan nie aan die swaard ontkom nie.

23. As hy vlug, word hy kos vir die aasvoëls,hy weet die dood wag op hom.

24. Soos 'n koning wat aanval,storm swaarkry en lyding op hom af;dit oorweldig hom,

25. want hy daag God uiten verset hom teen die Almagtige:

26. in sy oormoed storm hy op God afmet sy dik, sterk skild,

27. met sy ronde, vet gesigen sy onderlyf dik van die vet.

28. Hy sal in verwoeste stede moet woon,in onbewoonbare huise,huise wat dreig om bouvalle te word.

29. Hy sal nie ryk bly nie, sy rykdom sal nie hou nie,sy besittings op die aarde sal nie meer word nie.

30. Hy sal die dood nie vryspring nie,sy nakomelinge sal deur vuur verteer word,sy woorde in die wind verdwyn.

31. 'n Mens moenie vertrou op wat niks is nie.Dit bring hom nêrens nie,in ruil daarvoor kry hy ook niks nie.

Job 15