Job 13:8-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Wil julle vir Hom partydig wees?Wil julle God se saak verdedig?

9. As Hy julle sou ondersoek,sou dit vir julle goed verloop?Sou julle Hom kon bedrieg soos julle mense bedrieg?

10. Hy sal julle swaar strafas julle in die geheim partydig is.

11. Sy verhewe mag sal julle met skrik vervul,skrik vir Hom sal julle oorval.

12. Julle beroep op die voorgeslag is wind,julle verweer sê niks.”

13. “Bly liewer stil, ek wil praat,en laat dan kom wat wil.

14. Waarom waag ek my leween neem ek dit in my hand?

15. Al sou God my doodmaak, ek kan nie wag nie,ek moet my saak vir Hom stel.

16. Dit kan selfs my redding wees,want geen godlose durf voor Hom kom nie.

17. Luister goed na my woorde, neem ter harte wat ek te sê het:

18. Kyk, ek het my regsaak voorberei,ek weet dat ek reg het.

19. As iemand 'n saak teen my het,sou ek swyg en sterf.

20. U, my God, moet net twee dinge vir my doen,dan sal ek nie vir U wegkruip nie:

21. neem u straf van my af wegen moenie dat die skrik vir U my oorval nie.

22. “Roep my, en ek sal antwoord,of anders, laat ék praat en antwoord Ú my:

23. Hoeveel misdade en sondes het ek begaan?Wys my wat my oortredings en my sondes is!

Job 13