3. Moet mense stilbly vir jou praatjies?Wil jy bly laster sonder dat iemand jou bestraf?
4. Jy sê vir God: ‘Wat ek dink, is reg,ek is onskuldig voor U.’
5. As God maar wou begin praaten jou wou weerspreek,
6. jou wou vertel hoe ingewikkeld die wysheid is,en hoeveel dit vra om iets blywends tot stand te bring!Dan sou jy weet dat God jou nog nie eers vir ál jou sondes straf nie.
7. “Kan jy begryp wie God werklik is?Kan jy die Almagtige ten volle verstaan?
8. Dit is kennis wat hoër is as die hemele.Hoe kan jý daarby uitkom?Dit is kennis wat dieper is as die doderyk.Hoe kan jy dit bereik?
9. Dit strek verder as die aarde,wyer as die see.
10. “As God in die verbygaan iemand gevange neemen voor die gereg bring, wie sal Hom keer?
11. God ken skynheilige mense,Hy sien die sonde raak, sonder nader ondersoek.
12. 'n Idioot kan nie verstand kry nie,net so min as wat 'n wildedonkievul 'n mens is as hy gebore word.
13. Maar jy, as jy jou verstand reg wil gebruiken jou hande in gebed na God toe uitsteek,
14. as jy jou sonde van jou af sou verwyderen nie toelaat dat onreg in jou woon nie,