Job 11:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe sê Sofar die Naämatiet vir Job:

2. “Moet al die baie woorde onbeantwoord bly?Kan 'n mens homself met praat regverdig?

3. Moet mense stilbly vir jou praatjies?Wil jy bly laster sonder dat iemand jou bestraf?

4. Jy sê vir God: ‘Wat ek dink, is reg,ek is onskuldig voor U.’

5. As God maar wou begin praaten jou wou weerspreek,

6. jou wou vertel hoe ingewikkeld die wysheid is,en hoeveel dit vra om iets blywends tot stand te bring!Dan sou jy weet dat God jou nog nie eers vir ál jou sondes straf nie.

Job 11