Job 1:9-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Toe antwoord die Satan die Here: “Dit is nie sonder rede dat Job U dien nie!

10. U beskerm hom dan, en sy huis en al sy goed. U maak alles wat hy doen, voorspoedig. Selfs sy vee teel vinnig aan.

11. Maar raak nou net aan sy besittings en kyk of hy U nie in u gesig vervloek nie.”

12. Toe sê die Here vir die Satan: “Alles wat hy het, gee Ek in jou mag oor. Net aan hom self mag jy nie raak nie.”Die Satan het daarna van die Here af weggegaan.

13. En eendag, toe Job se seuns en dogters besig was om te eet en wyn te drink in hulle oudste broer se huis,

14. kom 'n boodskapper by Job met die nuus: “Die osse was aan die ploeg, en die donkies het langsaan gewei.

Job 1