Job 1:6-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Op 'n dag het die hemelwesens voor die Here kom staan, en die Satan was ook onder hulle.

7. Toe vra die Here vir hom: “Waar kom jy vandaan?”En die Satan antwoord die Here: “Ek het die wêreld deurkruis.”

8. Die Here vra toe vir die Satan: “En my dienaar Job, het jy hom raakgesien? Sy gelyke kry jy nie op aarde nie: hy is vroom en opreg, hy dien My en vermy die kwaad.”

9. Toe antwoord die Satan die Here: “Dit is nie sonder rede dat Job U dien nie!

10. U beskerm hom dan, en sy huis en al sy goed. U maak alles wat hy doen, voorspoedig. Selfs sy vee teel vinnig aan.

Job 1