Job 1:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. In die land Us was daar 'n man met die naam Job. Hy was vroom en opreg en het God gedien en die kwaad vermy.

2. Hy het sewe seuns en drie dogters gehad

3. en was ook die eienaar van sewe duisend stuks kleinvee, drie duisend kamele, vyf honderd paar trekosse, vyf honderd donkies en baie slawe. Onder die mense in die ooste was hy die belangrikste man.

Job 1