Jesaja 66:6-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. hoor die rumoer daar in die stad,hoor daar in die tempel,hoor hoe die Here sy vyande strafoor hulle dade.

7. Bring 'n vrou 'n kind in die wêreldvoordat sy geboortepyne het?Kry sy 'n kind voordat die pyne haar oorval?

8. Wie het al so iets gehoor?Wie het dit al gesien?Word 'n land op een dag gebore,of word 'n nasie in een oomblik in die wêreld gebring?Maar Sion het skaars geboortepyne gekryof sy het haar kinders in die wêreld gebring.

9. Sou Ek die moederskoot laat oopgaanen nie 'n geboorte laat plaasvind nie?vra die Here.Of sou Ek wat geboortes laat plaasvind,die moederskoot toesluit?vra jou God.

10. Wees bly saam met Jerusalemen juig saam met haar,almal wat haar liefhet.Wees vrolik saam met haar,almal wat oor haar getreur het.

11. Julle sal aan haar drinktotdat julle genoeg het,totdat julle veilig voel;julle sal drink van die oorvloed wat sy het,en dit geniet.

12. So sê die Here:Ek laat vrede na haar toe aankom soos 'n rivier,Ek laat die rykdom van die nasies na haar toe stroom.Julle sal aan haar drink,aan haar bors gedra worden op haar skoot getroetel word.

13. Soos 'n moeder haar kind laat veilig voel,so laat Ek julle veilig voel.Julle sal veilig voel in Jerusalem.

Jesaja 66