Jesaja 64:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. As U maar die hemel wou oopskeur en wou afkomsodat die berge voor U skud!

2. Kom af soos 'n vuur wat fynhoutjies laat brand,soos 'n vuur wat water laat kook.Laat u Naam só aan u vyande bekend word,laat die nasies só voor U bewe.

3. Toe U wonders gedoen het,wonders wat ons nie verwag het nie,toe U destyds afgekom het,het die berge voor U geskud.

Jesaja 64