Jesaja 6:3-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Die serafs het mekaar telkens toegeroep:“Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige!Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.”

4. Hulle het so hard geroep dat die deure in hulle kosyne gerammel het en die tempel vol rook geword het.

5. Toe het ek uitgeroep: “Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek woon onder 'n volk van wie elke woord onrein is. En nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige.”

6. Een van die serafs het toe 'n gloeiende kool met 'n tang van die altaar af gevat en na my toe gevlieg.

7. Hy het my mond aangeraak met die kool en gesê: “Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, jou sonde versoen.”

8. Toe het ek die Here hoor vra:“Wie kan Ek stuur?Wie sal ons boodskapper wees?”Ek het geantwoord:“Hier is ek! Stuur my!”

Jesaja 6