Jesaja 44:17-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Van die hout wat oorbly, maak hy 'n god, 'n beeld,hy buig voor hom en aanbid hom,hy bid tot hom en sê: “Red my, want jy is my god!”

18. Sulke mense weet nie wat hulle doen nie,hulle het nie insig nie,hulle oë is toegepleister, hulle sien nie,niks dring tot hulle verstand deur nie.

19. Hulle kom nie tot besinning nie,hulle het te min kennis en verstand om te sê:“'n Gedeelte van die hout het ek verbrand,ek het op die kole kos gaar gemaak,ek het vleis gebraai en geëet,en moet ek nou van wat oor is 'n afskuwelike afgod maak,moet ek voor 'n stuk hout buig?”

20. Iemand wat hom met as besig hou,laat hom mislei deur sy eie verdraaide opvattings.Hy kan homself nie red nie,hy vra homself nie af:“Is dit nie 'n leuen waarmee ek my besig hou nie?”

21. Dink hieraan, Jakob,dink hieraan, Israel, want jy is my dienaar;Ek het jou gemaak, jy is my dienaar.Ek sal jou nie verlaat nie, Israel.

22. Ek het jou oortredinge, jou sondes, uitgewis,hulle het verdwyn soos wolke, soos miswolke.Kom terug na My toe,want Ek het jou verlos.

23. Juig, hemel, oor wat die Here gedoen het,jubel, dieptes van die aarde,wees bly en juig, berge en bosse,want die Here het vir Jakob, vir Israel, verlos,die Here het sy mag laat blyk.

24. So sê die Here jou Verlosserwat jou in die moederskoot gevorm het:Ek is die Here, Ek het alles geskep,Ek alleen het die hemel oopgespan,Ek het die aarde gevorm; daar was niemand by nie.

Jesaja 44