Jesaja 43:4-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Omdat jy vir My kosbaar is,omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet,gee Ek mense in jou plek,volke in ruil vir jou lewe.

5. Moenie bang wees nie,Ek is by jou.Ek bring jou kinders van die ooste af,Ek maak hulle bymekaar van die weste af,

6. Ek sê vir die noorde: Gee!vir die suide: Moet hulle nie terughou nie!Bring my seuns van ver af,my dogters van die uithoeke van die aarde af,

7. elkeen wat na my Naam genoem word,elkeen wat Ek geskep het tot my eer,wat Ek gevorm het, wat Ek gemaak het.

8. Laat my volk hierheen kom,die volk wat blind is, al het hulle oë,wat doof is, al het hulle ore.

Jesaja 43