Jesaja 33:6-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Hy is die Een op wie jy jou lewe lank kan vertrou.Die kosbare besitting wat werklik kan help,is wysheid en kennis;die rykdom waarop Sion hom kan verlaat,is die diens van die Here.

7. Die inwoners van Jerusalem roep om hulp daarbuite,dié wat die boodskap bring dat daar vrede is,huil onbedaarlik.

8. Die paaie lê verlate,niemand kom met die pad verby nie.Die verdrag is verbreek,stede is met minagting behandel,geen mens is ontsien nie.

9. Die land treur, hy is verdor;die Libanon het verwelk, hy is vol insekte;die Saron lyk soos 'n woestynvlakte;op Basan en Karmel staan die bome kaal.

10. Ek gaan nou ingryp, sê die Here,Ek gaan optree, Ek gaan my mag laat geld.

11. Al wat julle voortbring, is strooi,al wat julle oplewer, is kaf,en julle asem is die vuur waardeur julle verteer sal word.

12. Die volke gaan 'n kalkbrandery word,hulle gaan aan die brand gesteek word soos afgekapte doringbosse.

13. Julle daar ver, hoor wat Ek gedoen het,julle hier naby, erken my mag.

14. Die sondaars staan verskrik in Sion,die godloses is angsbevange:wie van ons kan dit by 'n verterende vuur uithou,wie van ons kan dit uithouby 'n vuur wat brand sonder ophou?

15. Net dié mens wat reg bly doenen opreg is in wat hy sê,wat weier om wins te maakdeur mense uit te buit,wat omkoopgeld weier,nie na moordplanne luister nieen nie geleentheid soek om misdade te pleeg nie.

16. So 'n mens sal sy woonplek in die hoë berge hê,sy skuilplek sal 'n rotsvesting wees.Kos sal hy kryen sy drinkwater sal nie opraak nie.

Jesaja 33