1. Daar kom 'n dag wanneer hierdie lied in Juda gesing sal word:Ons het 'n sterk stad,God beskerm ons met mure, met 'n vesting.
2. Maak oop die poortedat die nasie wat gered is, kan ingaan,die nasie wat aan God gehoorsaam is
3. en wat op Hom vertrou.Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here,want hulle het hulle vertroue op U gestel.
4. Vertrou altyd op die Here,want die Here God is 'n veilige toevlug.
5. Hy bring dié wat in hoë vestings woon, af grond toe,Hy gooi hulle hoë stadsmure om,Hy maak dit gelyk met die gronden laat lê dit in die stof.
6. Hulle sal onder die voete vertrap word,onder die voete van onderdruktes;die armes sal op hulle trap.