Jesaja 24:21-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Dié dag sal die Here die magte in die hemel daarbo straf,ook die konings van die aarde daaronder.

22. Hulle sal bymekaar gebondel wordsoos gevangenes wat in 'n gat toegesluit is.Hulle sal in 'n tronk opgesluit word,na geruime tyd sal hulle hulle straf kry.

23. Die volmaan sal dof wordwanneer die Here die Almagtigeop Sionsberg en in Jerusalem as Koning sal heersen sy mag laat blyk voor die leiers van sy volk.

Jesaja 24