Jesaja 24:1-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here gaan die aarde verwoes, vernietig,sy voorkoms verander en sy inwoners verstrooi.

2. Dieselfde lot gaan almal tref:priester en volk,slaaf en besitter,slavin en eienares,koper en verkoper,uitlener en lener,skuldeiser en skuldenaar.

3. Die aarde sal verwoes word, heeltemal verwoes word,dit sal leeg geplunder word.Die Here het dit gesê.

4. Die aarde sal droog word, uitdroog,die wêreld sal wegkwyn van droogte;hemel en aarde sal vergaan,

5. want die aarde is verontreinig deur sy inwoners:hulle was ongehoorsaam aan die wet van die Here,hulle het sy voorskrifte geminag,sy vaste verbond verbreek;

6. daarom sal 'n vloek die aarde verteeren sal sy inwoners boet vir hulle sonde;daarom sal die inwoners van die aarde verbrand word,en daar sal min mense oorbly.

7. Die wingerde sal verdroog en die wyn sal skaars word;wie vrolik was, sal sug.

8. Die tamboeryne sal nie meer gehoor word nie,daar sal nie meer 'n oeslied wees nie,die lier sal nie meer gehoor word nie.

9. Niemand sal meer sing as hy wyn drink nie,bier sal galbitter word vir dié wat dit drink.

10. Die stad sal afgebreek word, dit sal onbewoonbaar word.Die huise is toegeval, niemand kan daar inkom nie.

11. In die strate sal mense kerm om wyn,die gejuig sal verdwyn,op die aarde sal daar geen vreugde meer wees nie.

12. In die stad sal alles verwoes wees,die stadspoorte sal daar rondlê, stukkend geslaan.

13. Dit sal so kaal wees op die aarde en onder die volkesoos wanneer die olywe afgeslaanen die laaste druiwe van die wingerde afgeoes is.

14. Die mense wat oorbly, sal juig,hulle sal die mag van die Here besing,van die weste af sal hulle Hom prys.

15. Dié in die ooste moet die Here eer;hulle wat op die eilande van die see woon,moet die Naam van die Here die God van Israel prys.

16. Van die uithoeke van die aarde af hoor onsliedere waarin die groot mag van die Regverdige besing word.Maar ék sê: Ek kwyn weg, ek kwyn weg, dit is klaar met my.Die ontroues handel troueloos,troueloos handel hulle.

17. Angs, vanggate en strikke wag vir die inwoners van die land.

Jesaja 24