Jesaja 21:14-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. gee water vir dié wat dors het;julle wat in Tema woon,bring kos vir die vlugtelinge!

15. Die mense vlug vir die oorlog:vir die swaard wat wil doodmaak,vir die boog wat reg is om te skiet.Die mense vlug vir die wrede oorlog.

16. Dit het die Here vir my gesê:Binne 'n jaar, 'n jaar wat so ondraaglik sal wees soos dit vir 'n dagloner is, sal daar 'n einde kom aan Kedar se rykdom.

17. Selfs van sy dapper soldate wat met pyl en boog veg,sal maar min oorbly!Die Here die God van Israel het dit gesê.

Jesaja 21