Jesaja 19:21-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Dan sal die Here Hom aan die Egiptenaars bekend maak, en op daardie dag sal hulle Hom leer ken. Hulle sal die Here met diereoffers en met graanoffers dien, en hulle sal hulle geloftes aan Hom nakom.

22. Die Here sal die Egiptenaars straf, Hy sal straf en genees. Hulle sal hulle tot die Here bekeer, en Hy sal hulle goedgesind wees en hulle genees.

23. Daardie dag sal daar 'n grootpad van Egipte af tot by Assirië loop. Die Assiriërs sal Egipte besoek, en die Egiptenaars Assirië, en hulle sal saam die Here dien.

24. Daardie dag sal Israel die derde wees, en saam met Egipte en Assirië sal hulle vir die aarde tot 'n seën wees.

25. Die Here die Almagtige sal hulle seën en sê:Geseënd is my volk Egipte,geseënd is Assirië wat deur My geskep is,en geseënd is Israel, my eiendom.

Jesaja 19