Jesaja 14:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die Here sal Hom ontferm oor Jakob, Hy sal Israel weer sy volk maak en hulle weer in hulle eie land laat woon. Vreemdelinge sal by hulle aansluit en hulle vereenselwig met Jakob.

2. Ander volke sal hom vat en in sy land bring. Hulle sal Israel se eiendom word, slawe en slavinne in die land van die Here. Israel sal dié gevange hou deur wie hy gevange weggevoer is, en hy sal heers oor dié wat hom onderdruk het.

3. Die dag wanneer die Here vir jou rus gee van jou lyding en jou verdrukking en van die slawewerk wat jy moes doen,

4. sal jy hierdie spotlied oor die koning van Babel sing:Die verdrukker se einde het gekom,die lyding wat hy veroorsaak het,is op 'n end.

Jesaja 14