8. Soos 'n skerm in 'n wingerdhet Sion alleen oorgebly,soos die hut van 'n wagter in 'n komkommertuin.Sion is 'n beleërde stad.
9. As die Here die Almagtigenie 'n klompie van ons laat oorbly het nie,sou ons soos Sodom geword het,ons sou net soos Gomorra gewees het.
10. Luister na die woord van die Here, julle Sodomsleiers!Gee ag op wat ons God julle leer, julle Gomorrasvolk!
11. Wat het Ek aan julle baie offers? vra die Here.Ek is sat van die brandoffers van rammeen die vet van voerbeeste;die bloed van bulle en lammers en bokke staan My nie aan nie.
12. As julle kom om voor My te verskyn,wie het julle gevra om my voorhowe te kom vertrap?
13. Moenie langer julle nuttelose offergawes bring nie:Ek het 'n afsku van julle wierookoffers.Nuwemaansfeeste, sabbatsvierings, die uitroep van feesdae:Ek verdra nie feesviering met onreg saam nie.