11. Die toorn van die Here brand in my,ek kan dit nie verduur nie!Giet dit uit op die kinders in die straaten op die jongmanne waar hulle bymekaarkom;laat mans én vrouens daardeur verteer word,selfs mense wat grys is, wat baie oud is.
12. Hulle huise sal ander mense s'n word,en ook hulle lande en hulle vrouens,want Ek gaan die inwoners van die land straf, sê die Here.
13. Almal, klein en groot, wil hulleself net verryk,almal, selfs profete en priesters, is uit op bedrog.
14. Hulle het 'n goedkoop raat vir die wonde van my volk.Hulle sê net: “Alles is reg! Alles is reg!”Maar niks is reg nie.
15. Wanneer hulle aan die kaak gestel wordoor die gruwelike dinge wat hulle gedoen het,skaam hulle hulle nie eens nie,hulle weet nie van skaamte nie.Daarom sal hulle tot 'n val kom soos al die ander voor hulle;wanneer Ek hulle straf, sal hulle omkom, sê die Here.