Jeremia 50:26-45 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. Val die land binne van alle kante af,breek oop sy graanskure!Gooi die lyke van sy inwoners op hopesoos hope graan,roei hulle heeltemal uit,moet niemand laat oorbly nie!

27. Steek al sy leiers dood,maak hulle van kant!Ellende wag vir hulle, hulle dag het gekom,die tyd is daar dat hulle gestraf word.

28. Luister hoe die vlugtelinge, dié wat uit Babel ontkom het,in Sion kom vertel hoe die Here ons God Hom gewreek het,Hom gewreek het oor sy tempel!

29. Roep baie manskappe op teen Babel, al die boogskutters;laat hulle kamp opslaan rondom hom,moenie dat een vrykom nie.Betaal hom terug vir wat hy gedoen het,doen aan hom soos hy aan ander gedoen het,want hy was hooghartig teen die Here,teen die heilige God van Israel.

30. Dit is daarom dat sy jongmanne op sy strate sal sneuwel,dat al sy soldate omgebring sal wordwanneer die tyd daar is, sê die Here.

31. Ek gaan optree teen jou, hooghartige land,sê die Here God, die Almagtige,want jou dag het gekom,die tyd is daar dat Ek jou gaan straf.

32. Die hooghartige land struikel, hy valen niemand help hom op nie.Ek steek sy stede aan die brand,die vuur sal almal rondom hom verteer.

33. So sê die Here die Almagtige:Die Israeliete word verdruk,en saam met hulle die Judeërs.Dié deur wie hulle gevange gehou word,hou hulle vas en weier om hulle vry te laat.

34. Maar hulle Beskermer is magtig;sy Naam is die Here die Almagtige.Hy sal vir hulle reg opkom:Hy sal rus bring in die land Israel,maar onrus vir die inwoners van Babel.

35. Trek die swaard teen die Galdeërs, sê die Here,teen die inwoners van Babel,teen sy amptenare en sy raadgewers;

36. trek die swaard teen sy waarsêersdat dit kan blyk watter onsin hulle praat;trek die swaard teen sy soldatedat hulle skrikbevange kan word;

37. trek die swaard teen sy perde en sy strydwaens,teen die huurtroepe by homdat hulle soos vrouens word;trek die swaard teen sy skuredat hulle geplunder word;

38. lê droog sy gragte dat hulle opdroog;hy is 'n land vol afgodsbeeldewat mal word van die skrik wat hulle tref.

39. Die stad sal bewoon word deur hiënas en jakkalse,daar sal volstruise bly;die stad sal nooit weer bewoon word nie,niemand sal ooit weer daar bly nie.

40. Soos God vir Sodom en Gomorra en hulle buurdorpeverwoes het, sê die Here,so sal niemand in Babel woon nie;geen mens sal daar wil bly nie.

41. Daar kom 'n volk uit die noorde, 'n groot nasie,baie konings ruk op uit die uithoeke van die aarde.

42. Hulle is gewapen met pyl en boog en swaard,hulle is wreed en spaar niemand nie.Hulle krygsgeskreeu dreun soos die see,hulle kom aan op hulle perde,hulle soldate is reg vir die aanval op jou, Babel.

43. Die koning van Babel het die gerug oor hulle gehoor,sy hande hang slap, angs pak hom beet,benoudheid soos dié van 'n vrouwat 'n kind in die wêreld bring.

44. Soos 'n leeu uit die digte Jordaanbos toeslaanop 'n weiveld aan 'n standhoudende stroom,so sal Ek die mense van Babel eensklaps verjaag uit hulle land,en Ek sal vir dié taak aanwys wie Ek verkies.Wie is soos Ek, wie kan My tot verantwoording roep?Wie is die regeerder wat teen My kan standhou?

45. Hoor wat die Here besluit het,wat sy beslissing oor Babel is,wat Hy Hom voorgeneem hetoor Galdeërland:hulle sal weggesleep worddeur hulle eie jongmanne,die Galdeërs se woonplek sal deur hulle eie toedoen verwoes word.

Jeremia 50