Jeremia 49:11-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Laat maar jou weeskinders agter, Ek sal hulle in die lewe hou; en laat jou weduwees op My vertrou.

12. Ja, so sê die Here: As selfs dié wat dit nie verdien nie, die oordeelsbeker moet drink, kan jý ongestraf bly? Jy sal nie ongestraf bly nie; drink sal jy die beker drink.

13. Ek lê 'n eed af by Myself, sê die Here, dat Bosra 'n verlate plek sal word, 'n spot, 'n uitgedorde stuk grond, 'n voorbeeld wat in verwensings aangehaal word, en dat al sy buitedorpe vir altyd in puin sal lê.

14. Ek het 'n boodskap ontvang, en dit kom van die Here af. Daar is 'n boodskapper onder die nasies rondgestuur om te sê:Kom bymekaar, trek teen Edom op,maak oorlog teen hom!

15. Edom, Ek maak jou 'n klein volkie onder die volke,een wat nie deur mense gereken word nie.

Jeremia 49