Jeremia 48:37-43 Afrikaans 1983 (AFR83)

37. Almal treur: die koppe is kaalgeskeer, die baarde afgesny,die hande het snye aan, almal dra rouklere;

38. daar word oral op die dakke in Moaben op sy stadspleine getreur,want Ek het Moab gebreeksoos 'n kleipot wat niemand wil hê nie, sê die Here.

39. Hoe angsbevange word Moab, hoe vlug hy ná sy neerlaag!Huil maar, want Moab word 'n spot,hy word 'n afskrikwekkende voorbeeld vir sy bure.

40. So sê die Here:Die vyand sal soos 'n aasvoël op Moab afsaken oor hom sweef.

41. Stede sal verower word,vestings ingeneem word.Daardie dag sal Moab se soldate so bang weessoos vrouens wat vasgekeer is.

42. Moab sal uitgeroei word en ophou om 'n volk te wees,want hy het hom groot gehou teen die Here.

43. Daar wag gevaar en vanggate en strikke vir julle,inwoners van Moab, sê die Here.

Jeremia 48