Jeremia 33:12-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. So sê die Here die Almagtige: In hierdie plek wat so verwoes is dat geen mens of dier oorgebly het nie, en by al sy stede sal weer weiveld vir kuddes wees, lêplek vir kleinvee.

13. In die stede van die Bergland, in dié van die Laeveld en in dié van die Suidland, in die gebied van Benjamin en in die omgewing van Jerusalem, en in die stede van Juda sal daar weer kleinvee wees om te tel, sê die Here.

14. Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat Ek die goeie belofte sal nakom wat Ek aan Israel en Juda gemaak het.

15. In daardie dae, in daardie tyd, sal Ek vir Dawid 'n wettige afstammeling gebore laat word en hy sal in die land reg laat geskied en reg doen.

16. In daardie dae sal Juda gered word en Jerusalem sal onbesorg woon en genoem word: Die Here verskaf reg aan ons.

17. So sê die Here: Iemand uit die huis van Dawid sal altyd op die troon van Israel sit,

18. en daar sal altyd Levitiese priesters wees om offers te bring: brandoffers en graanoffers.

19. Die woord van die Here het tot Jeremia gekom:

Jeremia 33