Jeremia 3:20-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. Maar soos 'n vrou wat ontrou is aan haar man,so was julle, Israel, ontrou aan My, sê die Here.

21. Hoor hoe smeek en huil die Israeliete op die heuweltoppe,want hulle het die verkeerde pad geloop,hulle het die Here hulle God vergeet.

22. Kom terug, kinders wat afgedwaal het,Ek wil 'n einde maak aan julle afdwaling.Kyk, ons kom na U toe, want U is die Here ons God!

23. Die lawaai op die heuwels, op die berge,lewer niks op nie.Die redding van Israel kom net van die Here ons God af.

24. Van vroeg af al het die skandegod Baäl die vrug van onsvoorvaders se arbeid verteer, hulle kleinvee en hulle grootvee,ook hulle seuns en hulle dogters.

25. Ons wil in die aarde insink oor die skande,ons wil wegkruip van skaamte,want ons het teen die Here ons God gesondig,ons en ons voorvaders,van ons jeug af tot vandag toe.Ons was ongehoorsaam aan die Here ons God.

Jeremia 3