Jeremia 27:9-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Julle moenie luister na julle profete, julle besweerders, julle droomuitlêers, julle towenaars, julle goëlaars wat vir julle sê om nie die koning van Babel te dien nie.

10. Dit is vals profete wat vir julle optree, en daardeur sal julle ver weggevat word uit julle land uit. Ek sal julle verban en julle sal omkom.

11. Maar die nasie wat onder die juk van Babel se koning buig en hom dien, sal Ek in sy vaderland laat bly, sê die Here, en hy sal sy land bewerk en daar woon.

12. Ek het dieselfde opdrag gegee aan koning Sedekia van Juda. Ek het gesê: Buig onder die juk van Babel se koning en dien hom en sy volk en bly so aan die lewe.

Jeremia 27