Jeremia 27:15-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Ek het hulle nie gestuur nie, sê die Here. Hulle tree in my Naam op as profete, maar hulle bedrieg julle, en daarom sal Ek julle verban en sal julle omkom, julle en julle profete.

16. Toe het ek, Jeremia, vir die priesters en hierdie hele volk gesê: So sê die Here: Moenie luister na julle profete nie. Hulle sê vir julle: “Die voorwerpe uit die huis van die Here sal baie gou teruggebring word uit Babel.” Daardie profete lieg vir julle.

17. Moenie na hulle luister nie. Dien die koning van Babel, en bly lewe. Waarom moet hierdie stad verwoes word?

18. As hulle werklik profete is en as die woord van die Here by hulle is, laat hulle dan by die Here die Almagtige pleit dat die voorwerpe wat nog in die huis van die Here is en dié in die koning van Juda se paleis en dié in Jerusalem, nie na Babel toe gevat word nie.

Jeremia 27