14. Ek het iets afskuweliks onder Jerusalem se profete gesien:hulle hoereer, hulle lieg en bedrieg,hulle help dié wat verkeerd doen,met die gevolg dat niemand hom van sy verkeerde dade bekeer nie.Hulle het almal vir My soos Sodom geword,Jerusalem se inwoners het soos Gomorra geword.
15. Daarom, so sê die Here die Almagtige oor die profete:Ek sal hulle galbitter kos laat eeten gifwater laat drink,want van Jerusalem se profete afhet godloosheid deur die hele land versprei.
16. So sê die Here die Almagtige:Julle moenie luister na wat die profete sê nie,die profete wat vir julle as profete optree.Hulle wek vals verwagtings by julle,hulle praat oor visioene wat hulle self uitdink,nie oor wat die Here sê nie.
17. Hulle hou aan om vir dié wat My minag,te sê: “Die Here sê daar sal vrede vir julle wees.”Vir dié wat hardkoppig is, sê hulle:“Daar sal nie 'n ramp oor julle kom nie.”