Jeremia 17:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die sonde van Juda is ingegraveermet 'n ysterpen,ingegrif met 'n diamantpunt op hulle harteen op die horings van hulle altare.

2. Selfs hulle nageslag onthou nog die altare van hulle voorvadersen die gewyde pale by die groen bomeen op die hoë heuwels.

3. My berg in die veld,Ek laat ander jou rykdom, jou skatte vatomdat jy dwarsoor jou land hoogtes gebouen gesondig het.

4. Jy sal deur jou eie toedoen die grond moet laat lêwat Ek jou gegee het.Ek sal jou vir jou vyande laat werkin 'n land waarvan jy nie weet nie.In my toorn sal daar 'n vuur teen julle losbreek,en dit sal aanhou brand.

Jeremia 17