Jeremia 12:13-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. My volk het koring gesaai maar dorings geoes, hulle moeite was tevergeefs. Hulle staan verslae, sonder oes, want die gloeiende toorn van die Here het hulle getref.

14. So sê Ek, die Here, oor al die slegte buurvolke wat hulle vergryp het aan die eiendom wat Ek aan my volk Israel gegee het: Ek sal hulle uitruk uit hulle grondgebied, maar Ek sal die Judeërs tussen húlle uitruk,

15. en nadat Ek die Judeërs uitgeruk het, sal Ek My weer oor hulle ontferm, en Ek sal elkeen laat terugkom na sy besittings en sy land toe.

16. En as die buurvolke die gebruik van my volk aanleer om in my Naam 'n eed af te lê met die woorde: “So seker as die Here leef!” net soos hulle my volk geleer het om in die naam van Baäl 'n eed af te lê, sal hulle 'n plek kry onder my volk.

17. Maar as hulle nie luister nie, sal Ek so 'n volk heeltemal uitruk en vernietig, sê die Here.

Jeremia 12