Jeremia 1:6-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. “Ag, Here my God,” het ek geantwoord,“ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk.”

7. Toe sê die Here vir my:Jy moenie sê: “Ek is te jonk” nie.Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur,en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê.

8. Moenie vir hulle bang wees nie,want Ek is by jou, Ek sal jou red.Dit is wat die Here gesê het.

9. Hy het sy hand uitgesteek, my mond aangeraaken vir my gesê:Ek het nou my woorde in jou mond gelê.

10. Kyk, Ek stel jou vandag aan oor nasies en oor koninkryke om af te breek en uit te roei, om te vernietig en plat te slaan, te bou en te vestig.

11. Die woord van die Here het tot my gekom: Wat sien jy, Jeremia?Ek het geantwoord: “Ek sien 'n amandeltak.”

Jeremia 1