Jakobus 3:14-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Terwyl daar bittere naywer en selfsug in julle harte is, moet julle nie daarmee spog dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie.

15. Dié soort wysheid kom nie van Bo nie, maar is aards, sinlik, demonies,

16. want waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade.

17. Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg.

18. Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak.

Jakobus 3