6. Met offers van kleinvee en beeste sal hulle na die wil van die Here kom vra, maar hulle sal nie antwoord kry nie, omdat Hy Hom aan hulle onttrek het.
7. Hulle was ontrou aan die Here, want hulle het buite-egtelike kinders verwek. Hy gaan hulle binnekort vernietig. Binne 'n maand gaan Hy hulle gesaaides verwoes.
8. Blaas die ramshoring in Gibea,die trompet in Rama!Maak alarm in Bet-Awen!Benjamin is agter jóú aan, Efraim.
9. Jy gaan verwoes word op die dag van afrekening.Ek maak aan die stamme van Israel bekend wat beslis gaan gebeur.
10. Die leiers van Juda het beslag gelê op Israel se grond. Daarom het my toorn hulle soos 'n vloedgolf getref.
11. Efraim is verdruk; sy reg is hom ontneem, want hy het kant gekies vir iemand wat hom nie kon help nie.
12. Ek was vir Efraim soos 'n gewas en vir Juda soos beentering.
13. Toe Efraim agterkom dat hy siek is en Juda dat hy 'n sweer het, het Efraim gaan hulp soek by Assirië en 'n afvaardiging gestuur na koning Jareb toe. Maar hý kon julle nie gesond maak of die sweer uitsny nie.
14. Ek is soos 'n leeu teenoor Efraim, soos 'n roofdier teenoor Juda. Dit is Ek wat verskeur en my koers gaan, wat wegdra sonder dat iemand dit kan keer.
15. Ek gaan My in my woonplek terugtrek totdat hulle hulle skuld bely en vra na my wil. In hulle nood sal hulle my hulp kom vra.