5. “Wie is dit wat daar uit die woestyn uit komterwyl sy leun op die man wat sy liefhet?”“Ek het jou wakker gemaak onder 'n appelboom,daar waar jou ma swanger geword het,waar sy wat jou in die wêreld gebring het, swanger geword het.
6. Hou my teen jou soos die seëlring op jou bors,soos die seëlring aan jou arm.Die liefde is sterker as die dood,die hartstog magtiger as die doderyk;dit brand en vlam soos vuur.
7. Strome water kan die liefde nie blus nie,riviere kan dit nie afkoel nie.Al wil iemand vir die liefdeal die rykdom in sy huis betaal,hy sal daaroor uitgelag word.”
8. “Ons suster is nog klein,haar borste is nog nie ontwikkel nie.Wat kan ons vir ons suster doendie dag as hulle om haar hand begin meeding?
9. As sy 'n muur was,het ons op haar 'n silwertoring gebou,as sy 'n deur was,het ons haar toegemaak met sederplanke.”
10. “Ek is 'n muur, en my borste is soos torings.Daarom is ek vir die man wat ek liefhetiemand wat hom gelukkig maak.”