Hooglied 7:9-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. jou mond soos goeie wynwat glad na binne gly vir die man wat jy liefhet,wat tussen sy lippe en sy tande deur vloei.”

10. “Ek behoort aan die man wat ek liefheten dit is na my dat hy smag.

11. Kom, man wat ek liefhet, kom ons gaan veld toe,kom ons gaan slaap in die dorpies;

12. ons gaan vroeg smôrens na die wingerde toe,ons gaan kyk of die wingerdstokke bot,of die botsels oop isen die granaatbome bloei.Daar sal ek my liefde vir jou gee.

13. “Die liefdesappels versprei hulle geur;daar is allerlei keurige vrugte by ons deur, vars en oud;ek het hulle vir jou gebêre, man wat ek liefhet.

Hooglied 7