Hooglied 7:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Jou voete is so mooi in jou skoene, edel dogter,die rondings van jou heupe is soos juwelewat deur kunstenaarshande gemaak is.

2. Jou naeltjie is 'n ronde komwaarin die kruiewyn nie ontbreek nie.Jou maag is 'n hoop koringmet lelies omring.

3. Jou twee borste is soos takboklammers,soos die tweeling van 'n ribbok.

4. Jou nek is soos 'n toring van ivoor,jou oë soos die damme by Gesbon,by die poort van dié groot stad.Jou neus is soos die toring op Libanonwat na Damaskus toe kyk.

5. Jou kop is soos die Karmel,jou hare soos rooi wol,jou haarlokke bekoor die koning.

6. “Jy is so mooi, so bekoorlik, liefste,met soveel wat geniet kan word.

7. Jou slanke gestalte is soos 'n palmboom,jou borste soos druiwetrosse.

8. Ek dink ek gaan teen die palmboom opklimen sy trosse blomme gryp.Laat jou borste vir mysoos trosse druiwe wees,die reuk van jou neus soos dié van appels,

Hooglied 7